top of page

ONBEPERKTE

INTERNET

Blitsvinnige draadlose internet

vir besighede of huishoudings

in Wellington en Noorder-Paarl

DRAADLOSE INTERNET

/draad·loos/

 

Byvoeglike naamwoord

 

1. Om sonder draad te wees.

2. Kommunikasie deur die uitsending van elektromagnetiese seine deur die lug; 'n 'draadlose netwerk'

  

Selfstandige naamwoord

1. Draadloos verskaf hoëspoed vesel en draadlose internet aan jou huis of besigheid.

2. Draadloos is 'n klein, eksklusiewe netwerk wat glo in topklas diens en konneksie perfeksie.

3. Draadloos is 'n premium diens. By ons is jy nie net 'n nommer nie - ons ken elke kliënt by die naam.

4. Draadloos se netwerk is gebou om te hou. Dis altyd aan, al is daar beurtkrag. Elke kliënt se konneksie          word gemonitor om te verseker dat dit eksie-perfeksie bly.

WAT BIED

ONS JOU?

ONBEPERKTE INTERNET

Wat is slegter as om tienuur die aand uit data te hardloop? Om hierdie rede bied ons slegs onbeperkte pakkette. Dis nou  "uncapped", indien jy wonder.

SNELSPOED

Ons gaan regtig uit ons pad om te verseker dat jou besigheid se konneksie te alle tye teen maksimum kapasiteit kan funksioneer.

As jy saans wil op die net rondsnuffel, flieks stroom of rekenaarspeletjies jol tot ounag toe, sal jou ervaring beslis 'n blitssnel een wees.

KOMMUNIKASIE

Ons sal jou nooit in die donker laat nie.

Daar gebeur soms dramas agter die skerms - soos wanneer 'n ondier ons drade in die berg afkou.

Ons belowe om jou dadelik in kennis te stel as daar 'n krisis is wat jou lynspoed belemmer en sal jou plegtig op hoogte hou van die reperasie-proses.

BYSTAND

Ons help jou met die hele proses wanneer jy vir ons internet opteken - van voor tot agter. Ons verskaf 'n seinverspreider (dit sal nou 'n  "router" wees) en doen die installasie vir jou. Geen kopkrap meer oor hoe om die storie op te stel nie - wanneer ons die perseel verlaat, kan jy dadelik begin woeker op die wêreldwye web.

DEURSIGTIGHEID

Daar is geen grys areas wat ons pakette aanbetref nie. Ons kan vir jou mooi verduidelik waar die pakette se lynspoed gebriek word, en sal die regte opsie vir jou behoeftes voorstel wat jou nie platsak sal laat nie.

BRITS

We can assist you in English. Ons hou net van Afrikaans. As jy tot sover gelees het, en jy is engels, en jy verstaan - is jy 'n lekker soutie.

practice_areas

WIE IS DRAADLOOS NOU EINTLIK?

Draadloos is die breinbaba van drie bekwame sakemanne met ondervinding in die IT- bedryf. Saam vorm ons 'n unieke kombinasie wat beslis sal verseker dat jou internet ervaring 'n topklas een is.

Ons sal alles in ons vermoë doen om te verhoed dat ons lyne oorlaai word. Ons is ook gefokus daarop om jou ervaring as verbruiker so maklik moontlik te maak. Ons stel jou netwerk namens jou op en hou jou op hoogte van die dinge wat saak maak.

Ons verskaf tans slegs aan Wellington en omliggende areas, asook Noorder-Paarl internet, maar beplan om binnekort die groter Boland area te bedien.

ATTORNEYS

HOËSPOED DRAADLOSE INTERNET VIR JOU HUIS

 
STANDAARD PAKKET

ONBEPERKTE INTERNET VIR DIE ERNSTIGE INTERNETVERBRUIKER

​4Mbps: R439 P/M
8Mbps: R659 P/M
10Mbps: R879 P/M
20Mbps: R1099 P/M

Maand tot-maand ooreenkoms
200 GB 'soft cap' (internet spoed verminder met 75% nadat 200GB se data gebruik is)

Geen 'throttling' of 'fair usage policy' nie
1 tot 10 Kontensie
 

Ons standaard diens is beste poging ("best effort service"). Ons poging is wel fantasies! Jy sal nie sukkel nie :)
 Ons gee afslag indien jy jou eie toerusting besit.

EKSTRA KOSTES
Installasie (pryse soos onder)
 

PREMIUM PAKKET

SUPERSNEL INTERNET - ONBEPERK EN SONDER BRIEKE

4Mbps: R659 P/M
8Mbps: R879 P/M
10Mbps: R1099 P/M
20Mbps: R1299 P/M

Maand tot-maand ooreenkoms
Geen verbruiks-beperkings, 'throttling' of 'fair usage policy' nie
1 tot 10 Kontensie

Ons premium diens is beste poging ("best effort service"). Ons poging is wel fantasies! Jy sal nie sukkel nie :)
Premium kliënte geniet voorkeur tydens piek-tye. 
Ons gee afslag indien jy jou eie toerusting besit.

EKSTRA KOSTES
Installasie (pryse soos onder)


AFTREE PAKKET

VIR BYDERWETSE INDIVIDUE BO 65

10Mbps: R439 P/M

200 GB 'soft cap' (internet spoed verminder met 75% nadat 200GB se data gebruik is)
Geen 'throttling' of 'fair usage policy' nie
1 tot 10 Kontensie

EKSTRA KOSTES
Installasie (pryse soos onder)


Installasie
 
Ons kom toets die ontvangs gratis indien jy belangstel in ons dienste.
Jy kan kies om die installasie vooraf te betaal, of om die toerusting maandeliks te huur.

Standaard installasie prys: R999 of R99 per maand
Verder as 15km van ons toring: R1499 of R149 per maand


Wat behels die installasie?
'n Baie bekwame tegnikus sal jou hardeware netjies installeer.
Jy kan jou eie 'router' verskaf, of een by ons koop.
Ons maak seker dat die hele storie gekoppel is en mooi werk,
sodat jy dadelik kan branderplankry op die net.
Geen ekstra onkostes vir die opstel van die 'router' nie - ons verskaf daardie diens gratis.
 

BLITSSNEL DRAADLOSE INTERNET VIR JOU BESIGHEID

STANDAARD BESIGHEIDSPAKKET
BEKOSTIGBARE INTERNET VIR KLEIN BESIGHEDE
10Mbps: R879 P/M
20Mbps: R1099 P/M
Geen verbruiks-beperkings ('throttling' of 'Fair Usage Policy') nie
Slegs vir besighede 
Alleenlik vir gebruik tydens werksure (6vm tot 6nm)
1 tot 10 Kontensie
Ons standaard diens is beste poging ("best effort service"). Ons poging is wel fantasies! Jy sal nie sukkel nie :)
Besigheids-kliënte geniet verkeers-voorkeur tydens werksure. 
Ons gee afslag indien jy jou eie toerusting besit.
EKSTRA KOSTES
Installasie (pryse soos bo)
PREMIUM DRAADLOSE BESIGHEIDSPAKKET
BLITSVINNIGE INTERNET VIR BEDRYWIGE BESIGHEDE
4Mbps: R 1099 P/M
8Mbps: R 1 999 P/M
10Mbps: R 2 499 P/M
20Mbps: R 4 999 P/M
NOG MEER? ONS KWOTEER
Gratis installasie
Simmetriese internet lyn
Geen verbruiks-beperkings ('throttling' of 'fair usage policy') nie
1 tot 1 Kontensie (ander verbruikers sal nooit jou lynspoed affekteer nie)
IT Boffin op roep om te verseker dat jou konneksie te alle tye optimaal kan funksioneer
1 x Publieke IP adres teen geen ekstra koste

 

 

VINNIGE VESELINTERNET VIR JOU HUIS
BLITSVINNIGE KONNEKSIES MET DRAAD

PREMIUM FROGFOOT VESEL
Kontak ons asseblief om te bepaal of jou adres reg is vir vesel.
Premium pakkette is simmetries - die aflaaispoed en oplaaispoed is ewe vinnig.
Hierdie pakkete is maand tot maand & maklik om te kanselleer sou dit nodig wees.
40Mbps: R869 P/M
80Mbps: R959 P/M
150Mbps: R1049 P/M
200Mbps: R1249 P/M
Installasie: R1750 & WiFi router: R695 (indien jy een benodig)
STANDAARD FROGFOOT VESEL
Kontak ons asseblief om te bepaal of jou adres reg is vir vesel.
Standaard pakkette is asimmetries - die oplaaispoed is stadiger as die aflaaispoed.
Hierdie pakkete is maand tot maand & maklik om te kanselleer sou dit nodig wees.
40/10Mbps: R759 P/M
80/20Mbps: R839 P/M
150/30Mbps: R989 P/M
250/50Mbps: R1149 P/M
Installasie: R1750 & WiFi router: R695 (indien jy een benodig)
Vesel voordele:
Alle vesel pakkette is 100% onbeperk en sonder brieke (uncapped en unthrottled)
Maklike maand-tot-maand kontrak
Indien jy in Wellington woon, kom stel ons jou router gratis op vir jou
Indien jy van 'n ander area is, stuur ons dit vir jou - reg vir inprop
Kontak ons gerus vir meer inligting!

 

 

KONTAK ONS

DRAADLOOS INTERNET

WELLINGTON

Email: hallo@draadloos.co
Tel: 064 582 0224

Het jy vrae? Laat weet gerus:

Success! Message received.

contact

LAAIK ONS OP FACEBOOK

  • FB 1

Gee ons die geleentheid om jou op hoogte te hou met ons nuutste aanbiedinge en te vermaak met 'n grappie of twee. 

© 2020 Draadloos Ontwerp

bottom of page