ONBEPERKTE
INTERNET
Blitsvinnige draadlose internet
vir besighede of huishoudings
in Wellington en Noorder-Paarl
​
DRAADLOSE INTERNET
/draad·loos/
Byvoeglike naamwoord
1. Om sonder draad te wees.
2. Kommunikasie deur die uitsending van elektromagnetiese seine deur die lug; 'n 'draadlose netwerk'
Selfstandige naamwoord
1. Draadloos verskaf hoëspoed vesel en draadlose internet aan jou huis of besigheid.
2. Draadloos is 'n klein, eksklusiewe netwerk wat glo in topklas diens en konneksie perfeksie.
3. Draadloos is 'n premium diens. By ons is jy nie net 'n nommer nie - ons ken elke kliënt by die naam.
4. Draadloos se netwerk is gebou om te hou. Dis altyd aan, al is daar beurtkrag. Elke kliënt se konneksie word gemonitor om te verseker dat dit eksie-perfeksie bly.
​
WAT BIED
ONS JOU?
​
ONBEPERKTE INTERNET
Wat is slegter as om tienuur die aand uit data te hardloop? Om hierdie rede bied ons slegs onbeperkte pakkette. Dis nou "uncapped", indien jy wonder.
SNELSPOED
Ons gaan regtig uit ons pad om te verseker dat jou besigheid se konneksie te alle tye teen maksimum kapasiteit kan funksioneer.
As jy saans wil op die net rondsnuffel, flieks stroom of rekenaarspeletjies jol tot ounag toe, sal jou ervaring beslis 'n blitssnel een wees.
KOMMUNIKASIE
Ons sal jou nooit in die donker laat nie.
Daar gebeur soms dramas agter die skerms - soos wanneer 'n ondier ons drade in die berg afkou.
Ons belowe om jou dadelik in kennis te stel as daar 'n krisis is wat jou lynspoed belemmer en sal jou plegtig op hoogte hou van die reperasie-proses.
BYSTAND
Ons help jou met die hele proses wanneer jy vir ons internet opteken - van voor tot agter. Ons verskaf 'n seinverspreider (dit sal nou 'n "router" wees) en doen die installasie vir jou. Geen kopkrap meer oor hoe om die storie op te stel nie - wanneer ons die perseel verlaat, kan jy dadelik begin woeker op die wêreldwye web.
DEURSIGTIGHEID
Daar is geen grys areas wat ons pakette aanbetref nie. Ons kan vir jou mooi verduidelik waar die pakette se lynspoed gebriek word, en sal die regte opsie vir jou behoeftes voorstel wat jou nie platsak sal laat nie.
BRITS
We can assist you in English. Ons hou net van Afrikaans. As jy tot sover gelees het, en jy is engels, en jy verstaan - is jy 'n lekker soutie.
WIE IS DRAADLOOS NOU EINTLIK?
Draadloos is die breinbaba van drie bekwame sakemanne met ondervinding in die IT- bedryf. Saam vorm ons 'n unieke kombinasie wat beslis sal verseker dat jou internet ervaring 'n topklas een is.
​
Ons sal alles in ons vermoë doen om te verhoed dat ons lyne oorlaai word. Ons is ook gefokus daarop om jou ervaring as verbruiker so maklik moontlik te maak. Ons stel jou netwerk namens jou op en hou jou op hoogte van die dinge wat saak maak.
​
Ons verskaf tans slegs aan Wellington en omliggende areas, asook Noorder-Paarl internet, maar beplan om binnekort die groter Boland area te bedien.
​
HOËSPOED DRAADLOSE INTERNET VIR JOU HUIS
GENIET PREMIUM DRAADLOSE INTERNET
ONBEPERK EN SONDER BRIEKE
Ons bied draadlose internet vanaf so min as R450 per maand.
Kry maklike maand tot-maand internet met geen lang kontrakte nie.
Ons het geen verbruiks-beperkings, 'throttling' of 'fair usage policy' op ons netwerk nie.
1 tot 10 Kontensie - geniet supersnel internet selfs tydens piektyd.
Ons het fantastiese promosies in sekere areas.
KONTAK ONS GERUS VIR PRYSE
BLITSSNEL DRAADLOSE INTERNET VIR JOU BESIGHEID
STANDAARD BESIGHEIDSPAKKET
BEKOSTIGBARE INTERNET VIR BESIGHEDE
​
Kry supersnel besigheidsinternet vir pryse van so min as R750 per maand.
​Geen verbruiks-beperkings ('throttling' of 'Fair Usage Policy') nie.
​​
KONTAK ONS GERUS VIR PRYSE
​
VINNIGE VESELINTERNET
VIR JOU HUIS OF BESIGHEID
FTTH & FTTB
PREMIUM VESEL VIR WERK OF PLESIER
​
Ons verkoop veselinternet op Suid-Afrika se beste veselnetwerke.
Frogfoot, Openserve, Vumatel of DFA - ons bied dit alles.​
​​
KONTAK ONS GERUS VIR PRYSE.
​
​
KONTAK ONS
Het jy vrae? Laat weet gerus:
© 2020 Draadloos Ontwerp