top of page
Search
  • Writer's pictureNadia van Schalkwyk

Foutvind: My internet werk nie. Hoe nou gemaak?

Updated: Jun 16, 2021



O, wee! Ons almal weet hoe frustrerend dit is wanneer jou internet af is. Het jy geweet dat daar 'n paar oplossings is wat jy self kan probeer, voordat jy kontak maak met ons? Volg gerus hierdie stappe.


1 Kyk jou SMS'e. Indien daar 'n netwerk onderbreking is, sal ons jou in kennis stel en op hoogte hou per SMS.
2 Maak seker dat daar werkende krag is na die WiFi router en POE blokkie van jou antenna skottel (as jy draadloos het) of ONT toestel (as jy veselinternet het). Maak seker dat daar liggies brand op beide toestelle.
3 Maak seker dat al die kabels styf ingeprop is.
4 Indien jy draadlose internet het: Maak seker dat die kabel van die skottel af in die POE poort van die POE blok gedruk is. Die tweede kabel moet dan vanuit die POE blok se LAN poort na die router se WAN poort ingeprop wees.
5 Reboot of herlaai jou internet toestel deur om beide die POE (antenna skottel)/CPE toestel en WiFi router se kragproppe uit te trek en weer in te druk oor 1 minuut.
6 Kyk dan of dit nie moontlik aankom na dit herlaai het nie (dit los baie keer die probleem op).

Kontak ons gerus om jou verder te assisteer indien jy seker gemaak het oor die bogenoemde.


Kort jy enige tegniese hulp? Vra hierdie ouens!

Nadia en Jean doen ons tegniese ondersteuning, terwyl Bennie ons netwerk bestuur. Tussen hulle kan hulle die meerderheid (selfs dalk die geheel) van jou probleme oplos. Hulle is nie bang vir harde werk nie en ons is SO dankbaar om hierdie drie aan ons kant te hê. Die Whatsapp nommer vir tegniese ondersteuning is 0645820224.

88 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page