top of page
Search
  • Writer's pictureNadia van Schalkwyk

Hoe om te voorkom dat jou Netflix te veel data verorber

Jy sal verbaas wees hoe vinnig Netflix deur jou data kan kou, veral as jy verslaaf is om in 4K te stroom. Netflix sal tot 7 GB data per uur opvreet as jy dit toelaat. Dit is 'n groot probleem as jy 'n beperkte internetpakket het. Dit sal 'n stewig hap uit jou maandelikse limiet neem. Dit mag ook te veel bandwydte vereis as jy op 'n laer pakketspoed is. As jy byvoorbeeld net 'n 4Mbps pakket het, sal dit baie buffer as jy in HD stroom. Wil jy graag die brieke aandraai? Ons wys jou hoe.


Die goeie nuus is dat dit maklik is om beheer te neem van Netflix se datagebruik, en as jy die regte instellings aanpas, kan jy ure se Netflix uit elke gigagreep stroom.

Natuurlik is daar 'n kompromie wanneer jy jou Netflix-datagebruik laer stel: jou videokwaliteit sal daaronder ly. Dit beteken dat jy moet tevrede wees om te stroom met 'n laer kwaliteit beeld om data te stoor, en as jy ekstra betaal vir 'n Netflix-plan wat 4K- of selfs HD-videokwaliteit bied, en jy regtig die Netflix-datagebruik moet verlaag, sal jy waarskynlik wil jou intekenaarvlak wil heroorweeg.


Hoe om jou Netflix se stroomkwaliteit te verstel


  • Gaan na Netflix in 'n webblaaier. Kies jou profiel, klik op jou profielikoon in die regterkantste hoek aan die bokant van die bladsy en kies dan Account.

  • Skuif volgende af na die Profile and Parental Controls seksie, klik op die afpyltjie langs jou profiel en klik dan op Change langs Playback settings. Let wel: Playback settings is afsonderlik vir elke profiel, so as almal in jou huishouding moet afkoel met die Netflix-data, moet jy die instelling vir al die profiele in jou rekening verander.

  • Dit is nou tyd om 'n instelling vir die gebruik van data te kies, en jy het vier opsies:

Auto: laat Netflix toe om 'n datagebruiksinstelling te kies op grond van die spoed van jou huidige verbinding. Jy wil nie hierdie opsie kies as jy jou Netflix-datagebruik wil briek nie.
Low: lewer 'basiese' video- en klankwaliteit en verbruik slegs 0,3 GB data per uur. Hierdie opsie is die beste as jy regtig jou Netflix-datagebruik tot die minimum moet beperk, maar verwag 'n vae, vlekagtige videokwaliteit. Dit is nie wonderlik nie, maar kykbaar. Jy sal die Low instelling kan gebruik met 'n 2-4MBps konneksie.
Medium: bring jou video- en klankwaliteit tot op standaarddefinisie-vlakke, en gebruik tot 0,7 GB data per uur. Eintlik praat ons hier van DVD-kwaliteit, wat op 'n telefoon ordentlik lyk, maar minder ordentlik sal lyk op (sê maar) jou 65-duim 4K-TV. Nogtans is mediumgehalte 'n merkbare verbetering van Low af. Jy sal die Medium instelling kan gebruik met 'n 5-7.5Mbps konneksie.
High: as jy oorgenoeg data en bandwydte het om te verbrand, bied die High-instelling die beste videokwaliteit. Jy sal tot 3 GB per uur vir HD-video of 7 GB vir 4K (of "Ultra HD") -video verbrand. Dit lyk goed, maar wees versigtig as jy 'n beperkte datapakket het. Jy sal die High instelling kan gebruik met 'n 25-35Mbps konneksie.

Dis so maklik soos dit! Maak net seker dat die kwaliteit wat jy kies, nie te sterk is vir die beskikbare bandwydte van jou lyn nie. As jy 'n 8Mbps lyn het en wil stream in 4K, gaan dit vir seker buffer.


Jou nuwe instellings vir jou Netflix-videokwaliteit is van toepassing op alle toestelle waarop jy Netflix stroom, insluitend rekenaars, tablette, slim-TV's en selfone.

37 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page